2 Die lengte van elke gordyn moet agt en twintig el wees en die breedte van elke gordyn vier el. Al die gordyne moet dieselfde mate hê.
3 Vyf van die gordyne moet aanmekaar vasgewerk word en die ander vyf gordyne aanmekaar.
4 Jy moet lissies van blou materiaal maak aan die kant van die buitenste gordyn van die een stel en jy moet dit net so maak aan die buitekant van die gordyn van die tweede stel.
5 Jy moet vyftig lissies aan die een gordyn maak en jy moet vyftig lissies maak aan die rand van die gordyn wat aan die tweede stel behoort. Die lissies moet regoor mekaar pas.
6 Jy moet ook vyftig goue hakies maak en die gordyne aanmekaar vassit met die hakies sodat die tabernakel een is.
7 Jy moet ook gordyne van bokhaar maak as ’n tentbedekking oor die tabernakel: jy moet elf gordyne maak.
8 Die lengte van elke gordyn moet dertig el wees en die breedte van elke gordyn vier el: die elf gordyne moet dieselfde mate hê.