9 Jy moet vyf van die gordyne afsonderlik aanmekaar werk en ses van die gordyne afsonderlik en jy moet die sesde gordyn dubbel vou aan die voorkant van die tent.
10 Jy moet vyftig lissies maak aan die kant van die laaste gordyn van die een stel en vyftig lissies aan die kant van die laaste gordyn van die tweede stel.
11 Jy moet ook vyftig koper hakies maak en die hakies in die lissies steek en jy moet die tentbedekking aanmekaar las sodat dit een is.
12 Die stuk van die gordyn van die tentbedekking wat oorbly, die halwe gordyn wat oorbly, moet oorhang aan die agterkant van die tabernakel
13 en ’n el aan weerskante van die lengte van die gordyne moet oorhang aan die sykante van die tabernakel, aan weerskante, om dit toe te dek.
14 Jy moet ook vir die tent ’n bedekking van rooigekleurde ramsvelle maak en ’n bedekking van dugongvelle daar bo-oor.
15 Jy moet ook die regopstaande planke vir die tabernakel van akasiahout maak.