1 Vat nou jou broer Aharon en sy seuns saam met hom, uit die seuns van Yisra’el sodat hy My kan dien as priester: Aharon en die seuns van Aharon: Nadav, Avihu, El’azar en Itamar.
2 Jy moet vir jou broer Aharon afgesonderde klere maak, tot eer en lof en tot versiering.
3 Jy moet praat met almal wat vaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het sodat hulle Aharon se klere maak, om hom af te sonder sodat hy vir My as priester kan dien.
4 Hierdie is die klere wat hulle moet maak: ’n borsplaat, ’n skouerstuk, ’n bokleed, ’n uitgewerkte kleed, ’n tulband en ’n gordel. Hulle moet vir Aharon, jou broer en vir sy seuns, afgesonderde klere maak, om My as priester te dien.
5 Hulle moet die goud, die blou, die pers en bloedrooi materiaal en die wit geweefde linne vat