12 Jy moet die twee stene op die skouers van die skouerstuk vasmaak as herinneringstene vir die seuns van Yisra’el. So sal Aharon hulle name voor die Teenwoordigheid van יהוה op sy twee skouers dra om hulle in herinnering te bring.
13 Jy moet ook monteerrame van goud maak
14 en twee kettings van suiwer goud, gedraai soos vlegsels en die gevlegte kettings aan die monteerrame vasmaak.
15 Jy moet die borsplaat van beslissing maak van kunstige werk; soos die vakmanskap van die skouerstuk moet jy dit maak; van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en van wit geweefde linne moet jy dit maak.
16 Dit moet in ’n vierkant gevou word; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte.
17 Jy moet vier rye stene, in rame gemonteer, insit: die eerste ry moet ’n robyn, ’n topaas en ’n smarag wees.
18 Die tweede ry is ’n turkoois, ’n saffier en ’n diamant.