15 Jy moet die borsplaat van beslissing maak van kunstige werk; soos die vakmanskap van die skouerstuk moet jy dit maak; van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en van wit geweefde linne moet jy dit maak.
16 Dit moet in ’n vierkant gevou word; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte.
17 Jy moet vier rye stene, in rame gemonteer, insit: die eerste ry moet ’n robyn, ’n topaas en ’n smarag wees.
18 Die tweede ry is ’n turkoois, ’n saffier en ’n diamant.
19 Die derde ry is ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.
20 Die vierde ry is ’n beril, ’n oniks en ’n jaspis. Hulle moet in goue monteerrame geset word.
21 Die stene moet die name van die seuns van Yisra’el hê, twaalf volgens hulle name. Dit moet soos op ’n seëlsteen uitgesny word, elkeen met sy eie naam, volgens die twaalf stamme.