28 Hulle moet die borsplaat, met sy ringe, aan die ringe van die skouerstuk met ’n persblou tou vasbind sodat dit bokant die geweefde band van die skouerstuk is en die borsplaat nie loskom van die skouerstuk af nie.
29 Aharon moet die name van die seuns van Yisra’el, in die borsplaat van beslissing, op sy hart dra as hy in die Afgesonderde deel ingaan, as ’n voortdurende herinnering voor die Teenwoordigheid van יהוה.
30 Jy moet ook die Urim en die Tumim in die borsplaat van beslissing sit sodat hulle op die hart van Aharon kan wees as hy voor die Teenwoordigheid van יהוה ingaan. Aharon moet die beslissing van die seuns van Yisra’el voortdurend op sy hart draEfe 6:14b voor die Teenwoordigheid van יהוה.
31 Jy moet die bokleed van die skouerstuk heeltemal van blou materiaal maak.
32 Daar moet ’n opening vir sy kop in die middel wees. Rondom die opening moet ’n soom uitgewerk wees, soos die opening van ’n borsplaat sodat dit nie geskeur kan word nie.
33 Aan die soom, onderaan, moet jy granate van blou, pers en bloedrooi stof, reg rondom die soom maak en tussen-in goue klokkies reg rondom:
34 ’n goue klokkie en ’n granaat, ’n goue klokkie en ’n granaat, aan die soom van die bokleed, reg rondom.