34 ’n goue klokkie en ’n granaat, ’n goue klokkie en ’n granaat, aan die soom van die bokleed, reg rondom.
35 Aharon moet dit aanhê wanneer hy bedien sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die Afgesonderde plek, voor die Teenwoordigheid van יהוה, ingaan en as hy uitgaan sodat hy nie sterf nie.
36 Jy moet ook ’n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos die gravering op ’n seëlsteen: AFGESONDER TOT יהוה.
37 Jy moet dit vasmaak aan ’n blou tou sodat dit aan die tulband vas kan wees; dit moet aan die voorkant van die tulband wees.
38 So moet dit dan op die voorkop van Aharon wees sodat Aharon die straf vir die oortredinge kan dra met betrekking tot die afgesonderde dinge wat die seuns van Yisra’el sal afsonder deur al hulle afgesonderde gawes. Dit moet voortdurend op sy voorkop wees sodat hulle voor יהוה aanvaar mag word.
39 Jy moet die kleed van wit geweefde linne kunstig uitwerk. Jy moet ook die tulband van wit geweefde linne maak en die gordel moet jy veelkleurig uitwerk.
40 Vir die seuns van Aharon moet jy klede en gordels maak. Jy moet ook vir hulle tulbande maak, tot eer, lof en tot versiering.