4 Hierdie is die klere wat hulle moet maak: ’n borsplaat, ’n skouerstuk, ’n bokleed, ’n uitgewerkte kleed, ’n tulband en ’n gordel. Hulle moet vir Aharon, jou broer en vir sy seuns, afgesonderde klere maak, om My as priester te dien.
5 Hulle moet die goud, die blou, die pers en bloedrooi materiaal en die wit geweefde linne vat
6 en hulle moet die skouerstuk maak van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne, die produk van kunstige werk.
7 Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet dit aan mekaar vas gesit word.
8 Die inmekaargeweefde band wat daarop is, moet van dieselfde werk wees, van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne.
9 Jy moet twee oniksstene vat en die name van die seuns van Yisra’el daarop graveer:
10 ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen, volgens hulle geboortes.