25 Vat dit uit hulle hande uit en steek dit op die altaar aan die brand, as ’n brandoffer, as ’n aangename geur voor die Teenwoordigheid van יהוה. Dit is ’n offer met vuur tot יהוה.
26 Jy moet die bors van die inwydingsram van Aharon vat en dit waai as waaioffer voor die Teenwoordigheid van יהוה; dit sal jou deel wees.
27 Jy moet van die inwydingsram, die bors van die waaioffer wat gewaai is en die boud van die opligoffer wat opgelig is, afsonder; dit wat vir Aharon is en dit wat vir sy seuns is.
28 Dit sal vir Aharon en sy seuns hulle porsie wees as ’n ewige instelling van die kant van die kinders van Yisra’el af, want dit is ’n opligoffer en dit sal ’n opligoffer wees van die kant van die kinders van Yisra’el, vanuit hulle vredesoffers; hulle opligoffer aan יהוה.
29 Die afgesonderde klere van Aharon sal sy seuns s’n wees na hom, om hulle daarin te salf en hulle hande daarin te bevestig (aan te stel).
30 Die seun wat in sy plek priester word, wat in die Tent van Ontmoeting sal ingaan om in die Afgesonderde plek te bedien, moet dit sewe dae lank aantrek.
31 Jy moet die inwydingsram vat en sy vleis in die Afgesonderde plek kook