28 Dit sal vir Aharon en sy seuns hulle porsie wees as ’n ewige instelling van die kant van die kinders van Yisra’el af, want dit is ’n opligoffer en dit sal ’n opligoffer wees van die kant van die kinders van Yisra’el, vanuit hulle vredesoffers; hulle opligoffer aan יהוה.
29 Die afgesonderde klere van Aharon sal sy seuns s’n wees na hom, om hulle daarin te salf en hulle hande daarin te bevestig (aan te stel).
30 Die seun wat in sy plek priester word, wat in die Tent van Ontmoeting sal ingaan om in die Afgesonderde plek te bedien, moet dit sewe dae lank aantrek.
31 Jy moet die inwydingsram vat en sy vleis in die Afgesonderde plek kook
32 en Aharon en sy seuns moet die ram se vleis en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die Tent van Ontmoeting eet.
33 Hulle moet dié dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle hande bevestig is en hulle afgesonder is, maar iemand anders mag nie daarvan eet nie, want dit is afgesonder.
34 As daar van die vleis van die inwydingsoffer of van die brood tot die oggend toe oorbly, moet jy dit wat oor is, met vuur verbrand; dit mag nie geëet word nie, want dit is afgesonder.