13 Onthou vir Avraham, Yitz’gak en Yisra’el, U diensknegte, vir wie U by Uself gesweer en aan wie U gesê het: ‘Ek sal julle nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en hierdie hele land waarvan Ek gepraat het, sal Ek aan julle nageslag gee sodat hulle dit vir ewig kan besit.’”
14 יהוה het Sy gedagtes verander oor die skade wat Hy gesê het Hy Sy volk sou aandoen.
15 Moshe het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand. Die tafels was op altwee kante geskryf; hulle was op die een en op die ander kant geskryf.
16 Die tafels was die werk van God en die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer.
17 Toe Y’hoshua die stem van die volk hoor, hoe hulle juig, sê hy vir Moshe: “Daar is die geluid van oorlog in die kamp.”
18 Hy antwoord: “Dit is nie die klank van die gejuig van oorwinning nie en ook nie die geskree van neerlaag nie: ek hoor die klank van singery.”
19 Dit het gebeur dat toe hy naby die kamp kom en die kalf en dansery sien, die woede van Moshe ontvlam het en hy die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder die berg gebreek het.