16 Die tafels was die werk van God en die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer.
17 Toe Y’hoshua die stem van die volk hoor, hoe hulle juig, sê hy vir Moshe: “Daar is die geluid van oorlog in die kamp.”
18 Hy antwoord: “Dit is nie die klank van die gejuig van oorwinning nie en ook nie die geskree van neerlaag nie: ek hoor die klank van singery.”
19 Dit het gebeur dat toe hy naby die kamp kom en die kalf en dansery sien, die woede van Moshe ontvlam het en hy die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder die berg gebreek het.
20 Hy het die kalf gevat wat hulle gemaak het, dit met vuur verbrand, dit fyn gemaal, dit op die water gestrooi en die seuns van Yisra’el dit maak drink.
21 Moshe het vir Aharon gesê: “Wat het hierdie volk aan jou gedoen dat jy so ’n groot sonde oor hulle gebring het?”
22 Aharon antwoord: “Laat die woede van my meester nie ontvlam nie. U ken self die volk dat hulle gerig is tot boosheid,