23 want hulle het vir my gesê: ‘Maak vir ons gode wat voor ons uittrek, want hierdie Moshe, die man wat ons uit die land van Mitzrayim laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.’
24 Ek het vir hulle gesê: ‘Wie goud het, laat dié dit afbreek!’ Hulle het dit vir my gegee en ek het dit in die vuur gegooi en hierdie kalf het daaruit gekom.’”
25 Toe Moshe sien dat die volk sonder beheer was, want Aharon het hulle losgelaat; tot die spottende gefluister onder hulle teëstanders;
26 het Moshe in die poort van die kamp gaan staan en gesê: “Wie vír יהוה is, kom na my toe!” Al die seuns van Levi het by hom bymekaargekom.
27 Hy het vir hulle gesê: “So sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Laat elkeen sy swaard aan sy sy sit. Gaan heen en weer van poort tot poort in die kamp en laat elkeen sy broer, sy vriend en sy naaste doodmaak.’”
28 Die seuns van Levi het gedoen volgens die woord van Moshe en daar het op dié dag omtrent drie duisend man van die volk geval.
29 Moshe het gesê: “Maak vandag julle hande vol tot יהוה sodat Hy vandag ’n seën oor julle kan gee, want elkeen is teen sy seun en teen sy broer.”