29 Moshe het gesê: “Maak vandag julle hande vol tot יהוה sodat Hy vandag ’n seën oor julle kan gee, want elkeen is teen sy seun en teen sy broer.”
30 Dit het gebeur op die volgende dag dat Moshe vir die volk sê: “Júlle het ’n groot sonde gedoen en nou sal ek opgaan na יהוה: miskien kan ek toedekking vir julle sonde doen.”
31 Moshe het na יהוה teruggegaan en gesê: “O, hierdie volk het ’n groot sonde gedoen en vir hulle ’n goue god gemaak.
32 Tog, nou, as U wil, verwyder hulle sonde en indien nie, bid ek, vee my uit, uit U boek wat U geskryf het!”
33 יהוה het Moshe geantwoord: “Wie ook al teen My gesondig het, dié sal Ek uitvee uit My boek;Open 20:12-15
34 daarom, gaan nou en lei die volk na die plek wat Ek vir jou gesê het. Let op, My engel sal voor jou uitgaan, maar nogtans, die dag as Ek besoek, sal Ek hulle straf vir hulle sonde.”
35 יהוה het die volk getref omdat hulle die kalf, wat Aharon gemaak het, aanbid het.