1 יהוה het vir Moshe gesê: “Gaan hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit die land van Mitzrayim af op gebring het, na die land wat Ek met ’n eed aan Avraham, Yitz’gak en Ya’akov beloof en gesê het: ‘Aan jou nageslag sal Ek dit gee.’
2 Ek sal ’n engel voor jou uit stuur en die Kena’aniete, Emoriete, Hittiete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete verdryf.
3 Gaan op na ’n land wat vloei met melk en heuning, want Ek sal nie tussen julle optrek nie sodat Ek julle nie dalk op die pad verteer omdat julle ’n hardnekkige volk is nie.”Hand 7:51
4 Toe die volk hierdie hartseer woord hoor, het hulle getreur en niemand het sy versierings aangesit nie,
5 want יהוה het vir Moshe gesê: “Sê vir die seuns van Yisra’el: ‘Julle is ’n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik tussen julle sou inkom, sou ek julle vernietig. Haal daarom nou julle versierings af, dan sal Ek weet wat Ek met julle moet doen.’”
6 So het die seuns van Yisra’el hulleself gestroop van hulle versierings vanaf die berg Horev en verder.