7 Moshe het ’n tent gevat en dit vir hom buitekant die kamp opgeslaan, ver van die kamp af en dit die Tent van Ontmoeting genoem. Dit het so gebeur dat elkeen wat יהוה wou raadpleeg, na die Tent van Ontmoeting, wat buite die kamp was, uitgegaan het.
8 Wanneer Moshe uitgaan na die tent toe, staan die hele volk op en gaan elkeen by die ingang van sy tent staan en hou Moshe dop totdat hy in die tent ingegaan het.
9 Dit het gebeur dat wanneer Moshe in die tent ingaan, die wolkkolom afkom en by die ingang van die tent gaan staan en יהוה het met Moshe gepraat.
10 Al die mense het die wolkkolom gesien staan by die ingang van die tent en almal het opgestaan en op die grond gaan lê, elkeen by die ingang van sy tent.
11 So het יהוה met Moshe van aangesig tot aangesig gepraat, soos ’n man met sy vriend praat. Wanneer hy na die kamp toe teruggegaan het, het sy dienskneg, die jongman Y’hoshua, die seun van Nun, nie van die tent af weggegaan nie.
12 Moshe het vir יהוה gesê: “Dink daaraan hoe U vir my gesê het: ‘Bring hierdie volk op,’ maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie. Tog het U gesê: ‘Ek ken jou by die naam (karakter en outoriteit) en jy het ook guns in My oë gevind.’
13 Ek vra daarom nou: as ek guns in U oë gevind het, wys my nou U paaie sodat ek ’n verbondsverhouding met U kan hê en guns vind in U oë en dink ook daaraan dat hierdie nasie U volk is.”