11 Wees seker om te gehoorsaam wat Ek jou op dié dag beveel. Let op, Ek gaan die Emoriete, Kena’aniete, Hittiete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete voor jou uit verdryf.
12 Pas jouself op dat jy geen verbond sluit met die inwoners van die land waarheen jy gaan nie sodat dit nie miskien ’n strik tussen julle word nie,
13 maar jy moet hulle altare vernietig, hulle afgesonderde pilare afbreek en hulle pale afkap,
14 want jy mag jou nie neerbuig voor enige ander god nie, want יהוה se Karakter en Outoriteit is jaloers; ’n jaloerse Magtige God is Hy,
15 anders sal julle ’n verbond sluit met die inwoners van die land en agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer en iemand sal jou uitnooi en jy sal van sy offers eet
16 en jy sal van sy dogters vat vir jou seuns en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.
17 Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie.