13 maar jy moet hulle altare vernietig, hulle afgesonderde pilare afbreek en hulle pale afkap,
14 want jy mag jou nie neerbuig voor enige ander god nie, want יהוה se Karakter en Outoriteit is jaloers; ’n jaloerse Magtige God is Hy,
15 anders sal julle ’n verbond sluit met die inwoners van die land en agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer en iemand sal jou uitnooi en jy sal van sy offers eet
16 en jy sal van sy dogters vat vir jou seuns en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.
17 Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie.
18 Jy moet die Fees van Ongesuurde Brode hou: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die vasgestelde tyd in die maand Aviv, want in die maand Aviv het jy uit Mitzrayim uitgekom.
19 Alles wat die baarmoeder oopmaak, is Myne en elke eersteling van jou vee wat manlik is, van beeste en kleinvee,