19 Alles wat die baarmoeder oopmaak, is Myne en elke eersteling van jou vee wat manlik is, van beeste en kleinvee,
20 maar die eersteling van ’n donkie moet jy met ’n lam loskoop en as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop en niemand mag met leë hande voor My verskyn nie.
21 Ses dae moet jy werk, maar op die sewende dag moet jy rus; selfs in die ploegtyd en in die oestyd, moet jy rus.
22 Jy moet die Fees van Weke hou, die fees van die eerstelinge van die graan-oes en die Fees van Insameling, by die wisseling van die jaar.Hand 2:1
23 Al jou mans moet drie maal per jaar voor die Teenwoordigheid van die Meester יהוה, God van Yisra’el, verskyn,
24 want Ek sal nasies voor jou uitdryf en jou grondgebied vergroot en niemand sal jou land begeer terwyl jy opgaan om te verskyn voor die Teenwoordigheid van יהוה, jou God, drie maal gedurende die jaar, nie.
25 Jy mag nie die bloed van My offer saam met gesuurde brood bring nie en die offer van die Pesag mag nie tot die oggend toe oorbly nie.