22 Jy moet die Fees van Weke hou, die fees van die eerstelinge van die graan-oes en die Fees van Insameling, by die wisseling van die jaar.Hand 2:1
23 Al jou mans moet drie maal per jaar voor die Teenwoordigheid van die Meester יהוה, God van Yisra’el, verskyn,
24 want Ek sal nasies voor jou uitdryf en jou grondgebied vergroot en niemand sal jou land begeer terwyl jy opgaan om te verskyn voor die Teenwoordigheid van יהוה, jou God, drie maal gedurende die jaar, nie.
25 Jy mag nie die bloed van My offer saam met gesuurde brood bring nie en die offer van die Pesag mag nie tot die oggend toe oorbly nie.
26 Die eerstes van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van יהוה, jou God, bring. Jy mag nie ’n jong bokkie kook in sy moeder se melk nie.”
27 יהוה het ook vir Moshe gesê: “Skryf hierdie woorde neer, want volgens hierdie woorde het Ek ’n verbond gesluit met jou en met Yisra’el.”
28 Hy was daar by יהוה veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie en Hy het die woorde van die verbond op die tafels geskryf: die tien woorde.