29 Dit het gebeur toe Moshe van die berg Sinai afkom (die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moshe toe hy van die berg afgekom het) dat Moshe nie geweet het dat die vel van sy gesig geskyn het omdat Hy met hom gepraat het nie.
30 Toe Aharon en al die seuns van Yisra’el Moshe sien, het die vel van sy gesig geskyn en hulle was bang om naby hom te kom.
31 Moshe het hulle geroep en Aharon en al die leiers van die vergadering het na hom toe teruggekom en Moshe het met hulle gepraat.
32 Na dit het al die seuns van Yisra’el nader gekom en hy het hulle alles beveel wat יהוה met hom gepraat het op die berg Sinai.
33 Toe Moshe klaar met hulle gepraat het, het hy ’n sluier oor sy gesig gesit,
34 maar wanneer Moshe voor יהוה ingegaan het om met Hom te praat, het hy die sluier afgehaal totdat hy uitgaan. Hy het uitgegaan en vir die seuns van Yisra’el alles gesê wat hom beveel is.
35 Wanneer die seuns van Yisra’el na die gesig van Moshe kyk en sien dat die vel van Moshe se gesig skyn, dan trek Moshe weer die sluier oor sy gesig totdat hy ingaan om met Hom te praat.