3 Niemand mag saam met jou opklim nie en laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.”
4 Hy het twee kliptafels gebeitel soos die eerstes en Moshe het die oggend vroeg opgestaan en opgegaan met die berg Sinai, soos יהוה hom beveel het en die twee kliptafels in sy hand gevat.
5 יהוה het afgekom in die wolk en daar by hom gestaan terwyl Hy die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aanroep.
6 יהוה het by hom verbygegaan en verklaar: “יהוה, יהוה, Magtige God; vol omgee en goedgunstig,Ya’a 5:11 stadig om kwaad te word, oorvloedig in vriendelike goedheid en waarheid;
7 wat onverdiende guns hou vir duisende, wat boosheid, oortreding en sonde vergewe, maar nooit die skuldige onskuldig verklaar nie; wat die wetsoortreding van die vaders, die seuns en die kleinseuns laat beïnvloed, tot aan die derde en die vierde geslag.”
8 Moshe het hom gou laag na die aarde toe neergebuig en aanbid
9 en gesê: “יהוה, as ek nou guns in U oë gevind het, laat יהוה asseblief tussen ons trek, al is dit ’n hardnekkige volk, maar vergewe ons oortreding van die wet en ons sonde en vat ons as U eie besitting.”