9 en gesê: “יהוה, as ek nou guns in U oë gevind het, laat יהוה asseblief tussen ons trek, al is dit ’n hardnekkige volk, maar vergewe ons oortreding van die wet en ons sonde en vat ons as U eie besitting.”
10 Toe sê God: “Let op, Ek sluit ’n verbond. Voor jou hele volk sal Ek uitsonderlike wonderwerke doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie gedoen is nie sodat al die mense tussen wie jy is, die werk van יהוה kan sien, want dit is ’n verskriklike ding wat Ek met jou sal doen.
11 Wees seker om te gehoorsaam wat Ek jou op dié dag beveel. Let op, Ek gaan die Emoriete, Kena’aniete, Hittiete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete voor jou uit verdryf.
12 Pas jouself op dat jy geen verbond sluit met die inwoners van die land waarheen jy gaan nie sodat dit nie miskien ’n strik tussen julle word nie,
13 maar jy moet hulle altare vernietig, hulle afgesonderde pilare afbreek en hulle pale afkap,
14 want jy mag jou nie neerbuig voor enige ander god nie, want יהוה se Karakter en Outoriteit is jaloers; ’n jaloerse Magtige God is Hy,
15 anders sal julle ’n verbond sluit met die inwoners van die land en agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer en iemand sal jou uitnooi en jy sal van sy offers eet