13 die tafel met sy pale en al sy bybehore en die brode van die Teenwoordigheid;
14 asook die lampstaander vir verligting, met sy bybehore, sy lampe en die olie vir die lig;
15 die reukaltaar met sy pale, die salfolie en die reukwerk van speserye en die gordyn vir die ingang van die tabernakel;
16 die brandofferaltaar met sy raamwerk van koper, sy pale en al sy bybehore; die kom met sy voetstuk;
17 die behangsels van die voorhof, sy pilare, sy voetstukke en die gordyn van die poort van die voorhof;
18 die penne van die tabernakel, die penne van die voorhof met hulle toue;
19 die kunstig geweefde klere om in die Afgesonderde plek te bedien, die afgesonderde klere vir Aharon, die priester en die klere van sy seuns om as priesters te dien.”