1 B’tzal’el en Oholi’av en elkeen wat kunstig is, in wie יהוה wysheid en begrip gegee het om te weet hoe om al die werk tot diens van die Afgesonderde Plek te doen, moes dit maak net soos יהוה beveel het.
2 Moshe het B’tzal’el, Oholi’av en elkeen wat kunstig was, in wie se wil en verstand יהוה wysheid gegee het, geroep; elkeen wie se wil en verstand hom opgewek het om die werk te kom doen.
3 Hulle het al die bydraes, wat die seuns van Yisra’el vir die uitvoer van die werk by die maak van die Afgesonderde Plek gebring het, vanaf Moshe ontvang en hulle het oggend na oggend steeds vir hom vrywillige offergawes gebring.
4 Al die kunstige manne wat met al die werk by die Afgesonderde Plek besig was, man vir man, het van die werk waarmee hulle besig was afgekom
5 en hulle het met Moshe gepraat en gesê: “Die volk bring meer as wat nodig is vir die uitvoering van die werk wat יהוה ons beveel het om te doen.”
6 Moshe het bevel gegee en hulle het dit deur die kamp bekend gemaak en gesê: “Laat geen man of vrou verder enige werk doen in verband met die bydraes vir die Afgesonderde Plek nie.” Die volk is so teruggehou om te bring,