12 Vyftig lissies het hy gemaak aan die een gordyn en vyftig lissies het hy gemaak aan die kant van die gordyn van die tweede stel. Die lissies was die een teenoor die ander.
13 Hy het ook vyftig goue hakies gemaak en die gordyne aan mekaar vasgesit met die hakies sodat die tabernakel een geheel was.
14 Hy het gordyne van bokhaar gemaak as ’n tentseil oor die tabernakel: hy het elf gordyne gemaak.
15 Die lengte van elke gordyn was dertig el en die breedte van elke gordyn vier el: die elf tentdoeke het een maat gehad.
16 En hy het vyf van die gordyne afsonderlik aan mekaar gewerk en ses van die gordyne afsonderlik.
17 Hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die laaste gordyn van die een stel en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van die laaste gordyn van die tweede stel.
18 Hy het ook vyftig koper hakies gemaak om die tent aan mekaar vas te sit sodat dit een geheel was.