14 Hy het gordyne van bokhaar gemaak as ’n tentseil oor die tabernakel: hy het elf gordyne gemaak.
15 Die lengte van elke gordyn was dertig el en die breedte van elke gordyn vier el: die elf tentdoeke het een maat gehad.
16 En hy het vyf van die gordyne afsonderlik aan mekaar gewerk en ses van die gordyne afsonderlik.
17 Hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die laaste gordyn van die een stel en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van die laaste gordyn van die tweede stel.
18 Hy het ook vyftig koper hakies gemaak om die tent aan mekaar vas te sit sodat dit een geheel was.
19 Hy het ook vir die tent ’n bedekking van rooi gekleurde ramsvelle gemaak en daar bo-oor ’n bedekking van dugongvelle.
20 Hy het ook vir die tabernakel planke van akasiahout gemaak wat regop staan.