19 Hy het ook vir die tent ’n bedekking van rooi gekleurde ramsvelle gemaak en daar bo-oor ’n bedekking van dugongvelle.
20 Hy het ook vir die tabernakel planke van akasiahout gemaak wat regop staan.
21 Die plank se lengte was tien el en die breedte van elke plank was een en ’n half el.
22 Elke plank het twee tappe gehad wat met mekaar verbind was. So het hy al die planke van die tabernakel gemaak.
23 Hy het die planke vir die tabernakel gemaak: twintig planke vir die suidekant.
24 Hy het veertig silwer voetstukke onder die twintig planke gemaak: twee voetstukke onder die een plank vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander plank vir sy twee tappe.
25 Hy het ook vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig planke gemaak,