34 Hy het die planke met goud oorgetrek en hulle ringe, as plekke vir die pale, het hy van goud gemaak. Hy het ook die pale met goud oorgetrek.
35 Hy het ook die verdelingsgordyn gemaak van blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne; as kunstige werk het hy dit gemaak, met gérubs.
36 Hy het vier pilare van akasiahout daarvoor gemaak en dit met goud oorgetrek; hulle hake was ook van goud en hy het vier silwer voetstukke daarvoor gegiet.
37 Hy het ook vir die ingang van die tent ’n gordyn gemaak van blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne; veelkleurige werk
38 en daarvoor het hy vyf pilare gemaak, met hulle hake. Hy het hulle toppe en ringe met goud oorgetrek en hulle vyf voetstukke was van koper.