8 Almal wat kunstig was onder hulle wat aan die tabernakel gewerk het, het tien gordyne gemaak uit wit geweefde linne en met blou, pers en bloedrooi materiaal, met gérubs; as kunstige werk het hulle dit gemaak. B’tzal’el het dit gemaak.
9 Die lengte van elke gordyn was agt en twintig el en die breedte van elke gordyn vier el. Al die tentdoeke het een maat gehad.
10 Hy het vyf van die tentdoeke aan mekaar vasgewerk en die ander vyf tentdoeke het hy ook aan mekaar vasgewerk.
11 Hy het lissies van blou materiaal gemaak aan die soom van die buitenste gordyn van die een stel; hy het dieselfde gemaak aan die soom van die laaste gordyn van die tweede stel.
12 Vyftig lissies het hy gemaak aan die een gordyn en vyftig lissies het hy gemaak aan die kant van die gordyn van die tweede stel. Die lissies was die een teenoor die ander.
13 Hy het ook vyftig goue hakies gemaak en die gordyne aan mekaar vasgesit met die hakies sodat die tabernakel een geheel was.
14 Hy het gordyne van bokhaar gemaak as ’n tentseil oor die tabernakel: hy het elf gordyne gemaak.