1 B’tzal’el het die ark van akasiahout gemaak; sy lengte was twee en ’n half el en sy breedte een en ’n half el en sy hoogte een en ’n half el.
2 Hy het dit van binne en van buite oorgetrek met suiwer goud en hy het rondom ’n goue rand gemaak.
3 Hy het vier goue ringe daarvoor gegiet, aan sy vier voete, twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant.
4 Hy het pale van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek