16 Hy het die bybehore, wat op die tafel moet wees, van suiwer goud gemaak: sy skottels, sy rookpanne, sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word.
17 Hy het ook die lampstaander van suiwer goud gemaak. Van slaanwerk het hy die lampstaander uit een stuk gemaak; sy voetstuk, sy stam, sy kelkies, sy knoppe en sy blomme.
18 Ses arms het uit die sykante uitgegaan: drie arms van die lampstaander uit die een kant en drie arms van die lampstaander uit die ander kant.
19 Daar was drie houers, gevorm soos amandelbloeisels, ’n knop en ’n blom aan die een arm en drie houers, gevorm soos amandelbloeisels, ’n knop en ’n blom aan die ander arm; dieselfde aan die ses arms wat uit die lampstaander uitgaan.
20 Aan die lampstaander self was vier houers, gevorm soos amandelbloeisels, met knoppe en blomme:
21 daar was ’n knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan en ’n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan en ’n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan; vir die ses arms wat daaruit uitgaan.
22 Hulle knoppe en hulle arms was, alles saam, uit een stuk; een stuk slaanwerk van suiwer goud.