2 Hy het dit van binne en van buite oorgetrek met suiwer goud en hy het rondom ’n goue rand gemaak.
3 Hy het vier goue ringe daarvoor gegiet, aan sy vier voete, twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant.
4 Hy het pale van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek
5 en hy het die pale in die ringe gesteek aan weerskante van die ark om die ark mee te dra.
6 Hy het ook ’n Toedekking van suiwer goud gemaak. Sy lengte was twee en ’n half el en sy breedte een en ’n half el.
7 Hy het ook twee gérubs van goud gemaak. Van slaanwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die Toedekking.
8 Een gerub aan die een ent en een gerub aan die ander ent. Hy het die gérubs aan die twee ente, saam met die Toedekking, uit een stuk gemaak.