20 Aan die lampstaander self was vier houers, gevorm soos amandelbloeisels, met knoppe en blomme:
21 daar was ’n knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan en ’n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan en ’n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan; vir die ses arms wat daaruit uitgaan.
22 Hulle knoppe en hulle arms was, alles saam, uit een stuk; een stuk slaanwerk van suiwer goud.
23 Hy het sewe lampe, die snuiters en die bakkies daarvoor van suiwer goud gemaak.
24 Hy het dit, met al sy gereedskap, van ’n talent suiwer goud gemaak.
25 Hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; sy lengte was ’n el en sy breedte ’n el; vierkantig. Sy hoogte was twee el. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.
26 Hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die bokant, die sykante en die horings. Hy het ook ’n goue rand daarvoor rondom gemaak.