26 Hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die bokant, die sykante en die horings. Hy het ook ’n goue rand daarvoor rondom gemaak.
27 Hy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die rand, by sy twee hoeke, aan weerskante, as plekke vir pale om dit daarmee te dra.
28 Hy het die pale van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek.
29 Hy het ook die afgesonderde salfolie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos die produk van ’n speserymenger.