1 Hy het die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Sy lengte was vyf el en sy breedte vyf el; vierkantig. Sy hoogte was drie el.
2 Hy het sy horings op die vier hoeke gemaak; sy horings was, daarmee saam, uit een stuk en hy het dit met koper oorgetrek.
3 Hy het ook al die bybehore van die altaar gemaak: die potte, die grawe, die komme, die vurke en die vuurpanne. Al sy bybehore het hy van koper gemaak.
4 Hy het ook vir die altaar ’n loopplank gemaak, ’n netwerk van koper, onder sy lys, halfpad van onder van die altaar af.
5 Hy het vier ringe aan die vier ente van die koper loopplank gegiet, as plekke vir die pale