11 Aan die noordekant was die gordyne ’n honderd el lank; met twintig pilare en hulle twintig koper voetstukke; die hake en die ringe van die pilare was van silwer.
12 Aan die westekant was daar gordyne van vyftig el lank; met tien pilare en hulle tien voetstukke; die hake en die ringe van die pilare was van silwer.
13 Aan die oostekant, waar die son opkom, vyftig el:
14 vyftien el gordyne vir die een kant, met drie pilare en hulle drie voetstukke;
15 asook vir die anderkant; aan weerskante van die poort van die voorhof; vyftien el gordyne, met drie pilare en hulle drie voetstukke.
16 Al die gordyne van die voorhof rondom was van wit geweefde linne
17 en die voetstukke van die pilare was van koper, die hake en die ringe van die pilare van silwer, die oortreksel van hulle toppe van silwer en hulle self, al die pilare van die voorhof, het silwer ringe gehad.