13 Aan die oostekant, waar die son opkom, vyftig el:
14 vyftien el gordyne vir die een kant, met drie pilare en hulle drie voetstukke;
15 asook vir die anderkant; aan weerskante van die poort van die voorhof; vyftien el gordyne, met drie pilare en hulle drie voetstukke.
16 Al die gordyne van die voorhof rondom was van wit geweefde linne
17 en die voetstukke van die pilare was van koper, die hake en die ringe van die pilare van silwer, die oortreksel van hulle toppe van silwer en hulle self, al die pilare van die voorhof, het silwer ringe gehad.
18 Die skerm van die poort van die voorhof was die produk van kunstige weefwerk, van blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne: sy lengte was twintig el en die hoogte al langs sy breedte was vyf el, net soos die gordyne van die voorhof
19 met sy vier pilare en hulle vier voetstukke van koper, hulle hake van silwer, die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer.