8 Hy het ook die borsplaat van kunstige werk gemaak, soos die werk van die skouerstuk; van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne.
9 Hulle het die borsplaat vierkantig gemaak deur dit dubbel te vou; sy lengte ’n span en sy breedte ’n span as dit dubbel gevou is
10 en hulle het vier rye stene daarin geset: ’n ry met ’n robyn, ’n topaas en ’n smarag was die eerste ry.
11 Die tweede ry ’n turkoois, ’n saffier en ’n diamant,
12 die derde ry ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis
13 en die vierde ry ’n beril, ’n oniks en ’n jaspis. Hulle is vasgesit en in goue monteerrame geset.
14 Daar was twaalf stene met die name van die seuns van Yisra’el, volgens hulle name gegraveer, soos wat op ’n seëlsteen uitgesny word; elkeen met sy eie naam volgens die twaalf stamme.