17 Vat hierdie staf, waarmee jy die tekens sal doen, in jou hand.”
18 Moshe het weggegaan en by sy skoonvader Yitro teruggekom en hy sê vir hom: “Laat my asseblief teruggaan na my broers wat in Mitzrayim is, om te sien of hulle nog lewe.” Yitro sê vir Moshe: “Gaan in vrede.”
19 יהוה het vir Moshe in Midyan gesê: “Gaan terug na Mitzrayim, want al die manne wat jou lewe gesoek het, is dood.”
20 Moshe vat toe sy vrou en sy seuns en laat hulle op ’n donkie ry en gaan terug na die land van Mitzrayim. Moshe het ook die staf van God in sy hand gevat.
21 יהוה sê vir Moshe: “Wanneer jy teruggaan na Mitzrayim, kyk dat jy al daardie wonders voor Farao doen wat Ek in jou hand gesit het en Ék sal sy wil, emosie en verstand onveranderlik maak sodat hy nie die volk sal laat gaan nie.
22 Dan moet jy vir Farao sê: ‘So sê יהוה: Yisra’el is My seun, My eersgeboreneRom 9:4-15
23 en Ek sê vir jou: Laat my seun gaan dat hy My kan dien en as jy weier om hom te laat gaan, let op, Ek sal jou seun doodmaak, jou eersgeborene’.”