1 Daarna het Moshe en Aharon ingegaan en vir Farao gesê: “So sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Laat My volk gaan dat hulle vir My ’n fees kan hou in die wildernis.”
2 Farao antwoord: “Wie is יהוה dat ek Sy stem moet gehoorsaam om Yisra’el te laat gaan? Ek het nie ’n verbondsverhouding met יהוה nie en ek sal Yisra’el ook nie laat gaan nie.”
3 Hulle sê: “Die God van die Hebreërs het met ons ontmoet; laat ons nou drie dagreise ver die woestyn intrek en aan יהוה, ons God, offer sodat Hy ons nie oorval met peste of die swaard nie.”
4 Die koning van Mitzrayim antwoord hulle: “Moshe en Aharon, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Gaan terug na julle werk toe.”