11 Gaan haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry, maar geen van julle werk word verminder nie’.”
12 Toe is die volk oor die hele Mitzrayim versprei om stoppels te versamel vir strooi
13 en die taakmeesters het op hulle gedruk en gesê: “Voltooi julle werk volgens die eis van elke dag net soos toe daar strooi was.”
14 Die opsigters van die seuns van Yisra’el wat Farao se taakmeesters oor hulle aangestel het, is geslaan en gevra: “Waarom het julle gister en vandag nie soos tevore julle voorgeskrewe hoeveelheid stene gemaak nie?”
15 Die opsigters van die seuns van Yisra’el het daarom gegaan en uitgeroep na Farao en gesê: “Waarom maak u so met u diensknegte?
16 Daar word geen strooi aan u slawe gegee nie en hulle sê vir ons: ‘Maak bakstene!’ Let op, u diensknegte word geslaan, maar die skuld lê by u mense.”
17 Hy antwoord egter: “Julle is lui! Baie lui en sê daarom: ‘Laat ons gaan en aan יהוה offer.’