2 Farao antwoord: “Wie is יהוה dat ek Sy stem moet gehoorsaam om Yisra’el te laat gaan? Ek het nie ’n verbondsverhouding met יהוה nie en ek sal Yisra’el ook nie laat gaan nie.”
3 Hulle sê: “Die God van die Hebreërs het met ons ontmoet; laat ons nou drie dagreise ver die woestyn intrek en aan יהוה, ons God, offer sodat Hy ons nie oorval met peste of die swaard nie.”
4 Die koning van Mitzrayim antwoord hulle: “Moshe en Aharon, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Gaan terug na julle werk toe.”
5 Farao sê ook: “Let op, die mense van die land is nou reeds baie en julle het hulle laat ophou met hulle werk.”
6 Farao het daarom op dieselfde dag aan die taakmeesters en hulle opsigters bevel gegee en gesê:
7 “Julle moet geen strooi meer aan die volk gee om bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle gaan en vir hulleself strooi bymekaarmaak.
8 Die hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle van hulle verwag en niks daarvan verminder nie, want hulle verslap en daarom roep hulle uit en sê: ‘Laat ons gaan en aan ons God offer!’