4 Die koning van Mitzrayim antwoord hulle: “Moshe en Aharon, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Gaan terug na julle werk toe.”
5 Farao sê ook: “Let op, die mense van die land is nou reeds baie en julle het hulle laat ophou met hulle werk.”
6 Farao het daarom op dieselfde dag aan die taakmeesters en hulle opsigters bevel gegee en gesê:
7 “Julle moet geen strooi meer aan die volk gee om bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle gaan en vir hulleself strooi bymekaarmaak.
8 Die hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle van hulle verwag en niks daarvan verminder nie, want hulle verslap en daarom roep hulle uit en sê: ‘Laat ons gaan en aan ons God offer!’
9 Laat meer werk op die manne gelaai word sodat hulle daaraan kan werk en nie misleidende woorde oorweeg nie.”
10 Die taakmeesters en die opsigters van die volk het uitgegaan en met die volk gepraat en gesê: “So sê Farao: ‘Ek sal nie vir julle strooi gee nie.