8 Die hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle van hulle verwag en niks daarvan verminder nie, want hulle verslap en daarom roep hulle uit en sê: ‘Laat ons gaan en aan ons God offer!’
9 Laat meer werk op die manne gelaai word sodat hulle daaraan kan werk en nie misleidende woorde oorweeg nie.”
10 Die taakmeesters en die opsigters van die volk het uitgegaan en met die volk gepraat en gesê: “So sê Farao: ‘Ek sal nie vir julle strooi gee nie.
11 Gaan haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry, maar geen van julle werk word verminder nie’.”
12 Toe is die volk oor die hele Mitzrayim versprei om stoppels te versamel vir strooi
13 en die taakmeesters het op hulle gedruk en gesê: “Voltooi julle werk volgens die eis van elke dag net soos toe daar strooi was.”
14 Die opsigters van die seuns van Yisra’el wat Farao se taakmeesters oor hulle aangestel het, is geslaan en gevra: “Waarom het julle gister en vandag nie soos tevore julle voorgeskrewe hoeveelheid stene gemaak nie?”