1 Toe sê יהוה vir Moshe: “Nou sal jy sien wat Ek aan Farao sal doen, want as gevolg van ’n sterk hand sal hy hulle laat gaan en as gevolg van ’n magtige arm sal hy hulle uit sy land uitdryf.”
2 God het met Moshe gepraat en vir hom gesê: “Ek is יהוה.
3 Ek het aan Avraham, aan Yitz’gak en aan Ya’akov verskyn as El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is) en was Ek nie met My Naam, יהוה, aan hulle bekend nie?
4 Ek het ook My verbond met hulle vasgestel om aan hulle die land Kena’an te gee, die land waarin hulle as besoekers gebly het
5 en Ék het ook die gesug van die seuns van Yisra’el gehoor wat deur die Mitzrayiete in slawerny gehou word en Ek het My verbond onthou.