18 Die seuns van K’hat was `Amram, Yitz’har, Hevron en `Uzi’el. Die lewensjare van K’hat was honderd drie en dertig jaar.
19 Die seuns van M’rari was Magli en Mushi. Hierdie was die families van Levi volgens hulle nageslagte.
20 `Amram het Yokheved, sy vader se suster, vir hom as vrou gevat en sy het vir hom geboorte gegee aan Aharon en Moshe. Die lewensjare van `Amram was honderd sewe en dertig jaar.
21 Die seuns van Yitz’har was Korag, Nefeg en Zikhri.
22 Die seuns van `Uzi’el was Misha’el, Eltzafan en Sitri.
23 Aharon het Elish’va, die dogter van `Ammínadav, die suster van Nagshon, vir hom as vrou gevat en sy het vir hom geboorte gegee aan: Nadav, Avihu, El’azar en Itamar.
24 Die seuns van Korag was Assir, Elkanah en Avi’asaf. Dit is die families van die Koragiete.