20 `Amram het Yokheved, sy vader se suster, vir hom as vrou gevat en sy het vir hom geboorte gegee aan Aharon en Moshe. Die lewensjare van `Amram was honderd sewe en dertig jaar.
21 Die seuns van Yitz’har was Korag, Nefeg en Zikhri.
22 Die seuns van `Uzi’el was Misha’el, Eltzafan en Sitri.
23 Aharon het Elish’va, die dogter van `Ammínadav, die suster van Nagshon, vir hom as vrou gevat en sy het vir hom geboorte gegee aan: Nadav, Avihu, El’azar en Itamar.
24 Die seuns van Korag was Assir, Elkanah en Avi’asaf. Dit is die families van die Koragiete.
25 El’azar, die seun van Aharon, het vir hom een van die dogters van Puti’el as vrou gevat en sy het vir hom geboorte gegee aan Pingas. Dit is die hoofde van die vaders se huise van die Leviete volgens hulle families.
26 Dit is dieselfde Aharon en Moshe vir wie יהוה gesê het: “Bring die seuns van Yisra’el uit die land van Mitzrayim uit volgens hulle menigte.”