9 Moshe het toe so met die seuns van Yisra’el gepraat, maar hulle het nie na Moshe geluister nie, vanweë hulle moedeloosheid en die wrede slawerny.
10 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
11 “Gaan praat met Farao, die koning van Mitzrayim dat hy die seuns van Yisra’el uit sy land moet laat uitgaan.”
12 Moshe het in die Teenwoordigheid van יהוה gepraat en gesê: “As die seuns van Yisra’el nie na my geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister, want ek is onbeholpe om te praat?”
13 יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en vir hulle ’n opdrag gegee vir die seuns van Yisra’el en vir Farao, die koning van Mitzrayim, om die seuns van Yisra’el uit die land van Mitzrayim uit te vat.
14 Hierdie is die hoofde van hulle vader se huise. Die seuns van Re’uven, die eersgeborene van Yisra’el: Hanokh, Pallu, Hetzron en Karmi; dit is die families van Re’uven.
15 Die seuns van Shim’on: Y’mu’el, Yamin, Ohad, Yakhin, Tzogar en Sha’ul, die seun van die Kena’anitiese vrou; dit is die families van Shim’on.