20 Moshe en Aharon het dit so gedoen, soos יהוה beveel het; hy het die staf opgelig en die water wat in die rivier was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy diensknegte en al die water in die rivier is in bloed verander.
21 Die visse wat in die rivier was, het doodgegaan en die rivier het gestink sodat die Mitzrayiete nie die water uit die rivier kon drink nie en daar was bloed oor die hele land van Mitzrayim.
22 Die Mitzrayitiese towenaars het dieselfde gedoen met hulle geheime kunste en Farao se wil, emosie en verstand was onveranderlik en hy het nie na hulle geluister nie, soos יהוה gesê het.
23 Farao het omgedraai en in sy huis ingegaan en niks hiervan ter harte geneem nie.
24 Al die Mitzrayiete het rondom die rivier na water gegrawe om te drink, want hulle kon nie van die rivier se water drink nie.
25 Sewe dae het verbygegaan nadat יהוה die rivier geslaan het.